VIGS Herdenkingssondag 2006

Internasionaal word jaarliks op twee groot geleenthede aandag gegee aan MIV en Vigs. Die eerste, en waarskynlik meer bekende, is op 1 Desember. Die tweede geleentheid word gehou op die derde Sondag in Mei en word die “International AIDS Candlelight Memorial” genoem. Aangesien leraars dit moeilik vind om gedurende advent op MIV te fokus, sou ons graag voorstel dat ‘n spesiale geleentheid hier rondom ingerig word.
 
Toe die eerste “International AIDS Candlelight Memorial” in 1983 gehou was, was die oorsaak van die siekte nog nie eers bekend nie, en minder as ‘n paar duisend sterftes was geraporteer. Die oorspronklike organiseerders wou dié wat aan die vreemde siekte gesterf het se gedagtenis eer en terseldertyd hulle steun aan dié wat leef met die siekte demonstreer. Intussen het die pandemie meer as 28 mijoen lewens geeis, en lewe meer as 42 miljoen persone met die virus. Die doel en aard van die herdenking op die derde Sondag van Mei elke jaar, het egter nie verander nie.
 
Die geleentheid het die sigbare manier geword vir gemeenskappe om te rou oor geliefdes en om hulle betrokkenheid by die pandemie aan te dui. Die geleentheid kan help met bewusmaking en begrip en betrokkenheid aanmoedig.Steek 'n kers aan!
 
Die tema vir 2006 is "Lighting the Path to a Brighter Future”. Die Vigskommissie sal nader aan die tyd (in samewerking met CABSA) vir u preekwenke, liturgie voorstelle en idees deurgee. Hou intussen gerus die datum in gedagte.  As u intussen meer inligting wou hê, kontak Lyn van Rooyen by management@cabsa.org.za of besoek die internasionale webblad.
 

 

Share this